%

If you would like to advertise on our site, please contact Adrian for info.

BBRA header image

SLUIT AAN BY ROOIELS SE BUITELEWEPROGRAM

Buitelewe-geesdriftiges kan gerus gebruik maak van Rooiels se vakansieprogram om onder begeleiding aan interessante uitstappies deel te neem en ook meer oor die ons gebied se diere- en seelewe te wete te kom.

Reeds eerskomende Donderdag om 08:00 gaan navorser Joselyn Mormile ‘n beperkte groep belangstellendes vertel wat sy die afgelope jaar oor die plaaslike trop bobbejane agtergekom het. Bespreek jou plek by Wolfgang Steinbach by 082 823 6821.

Op Saterdag 23 Desember word sowat 30 vrywilligers vanaf 09:00 benodig om die Rooielsriviermonding skoon te maak en vir jou moeite gaan jy ‘n “boerierol”kry. Bied jou dienste by John Charalambous (079 336 4639).

Op Woensdag 27 Desember kan jy en jou gesin van 08:30 jul kreatiwiteit gaan uitleef met ‘n sandkasteelkompetisie. Skakel Sandra Yeo by 079 580 6784 of Hanna Reinders by 082 450 2136 vir meer inligting.

Later op dieselfde dag (vanaf 17:00) kan ‘n mens saam met Wolfgang Steinbach (082 823 6821) robbe gaan besigtig. Trek maar stewige stapskoene met rubbersole aan.

Op Vrydag 29 Desember kan ‘n mens saam met botanis Amida Johns stap en sal skaars en bedreigde plantspesies uitgewys word. Daar gaan ook kenners van diere en voëls aan die ekologiese stap meedoen. Helen Jones of Alison Ayre kan by 028 273 8205 of 082 730 0098 vir meer inligting gekontak word. Vertrek tyd is 06:45 vanaf die winkel op Rooiels.

‘n Kreefkompetisie word vir 30 Desember beplan, maar bevestig eers die datum deur Piet Uys by 083 799 4088. Registrasie begin om 07:30 en prysuitdeling is om 13:00 – by erf 73, Ixiastraat.

Begin jou nuwe jaar om 05:00 met ‘n klim teen Klein-Hangklip uit. Neem gerus vonkelwyn saam vir glasies klink op voorspoed in 2018.

‘n Seelewe-werkswinkel word op Dinsdag 2 Januarie deur Evette Weyers (028 273 8483) vanaf 08:30 aangebied.

Op Woensdag 3 Januarie word die strand vir die nuwe jaar skoongemaak. Bring ‘n swart sak saam en ontmoet die ander om 08:00 by die sleephelling.

As jy nog tyd het vir kuier, is daar Tequila Shiela-aand op 31 Desember vanaf 20:00. Kaartjies kos R170,00 en kan by Drummond Arms gekoop word.